Archive for the ‘Skuldberading’ Category
Skuld-berading
Jou terug betalings kan verminder met 40% – 60%
Kontak Ons Vandag!
Behou al jou bates!
Ons onderhandel namens jou!
Geen ekstra koste nie … die fooi word aan ons oorbetaal as deel van jou eerste paaiement aan Krediteure
Ons sal die las van jou skouers afhaal …
Vul NOU een van ons VORMS in – en ons skakel jou!
Of SMS Jou Tel. Nr. na 082 8072 678, dan skakel ons jou!
of Skakel ons Diens-Sentrum: 0861 733 863

- Accredited NCRDC 686
Wat is Skuldberading?
• Skuldberading is ‘n professionele diens wat geskep is vir skuld-belaaide verbruikers.
• Die proses word gereguleer deur die Nasionale Krediet Wet en bied jou, die verbruiker, groter beskerming teen krediteure wat regstappe wil neem.
• Die doel van skuldberading is om ‘n terugbetalingsplan te ontwikkel wat
* bekostigbaar is vir jou
* aanvaarbaar is vir al jou krediteure
• Hierdie terugbetalingsplan sal jou steeds in staat stel om jou basiese lewenskoste te handhaaf.
• Die proses met die krediteure word hanteer deur jou onafhanklike iNDC Skuldberader, wat jou beste belange op die hart dra.
Die skuldberadings-proses:
Stap 1 iNDC sal ‘n analise doen van jou skuld-situasie
Stap 2 Jy werk saam met ons om al die dokumentasie wat benodig word, saam te stel
Stap 3 iNDC se geregistreerde Skuldberaders sal die vlak van jou skuld evalueer en ‘n voorlegging voorberei
Stap 4 iNDC sal namens jou met die Krediteure onderhandel
Stap 5 Die betalingsplan word dan geimplementeer vir die tydsduur van die plan
KONTAK ONS VIR ‘N GRATIS EVALUASIE t.o.v. SKULD BERADING
OF SKAKEL 0861 733 863 – OF EPOS ONS: support@indc.co.za
Ons sal op ‘n gereelde basis terugvoering gee van die vordering.
Sodra jou skuld afgelos is, sal ons Skuldberaders seker maak dat alle Krediet Buro’s ‘n skoon rekord van jou reflekteer.

Hoe sal Skuldberading my affekteer?
• Sodra jou Skuldberader die Krediteure in kennis gestel het van jou aansoek om skuldoorsig, mag hulle nie enige verdere regstappe doen of bates terugneem nie vir ‘n periode van 3 maande (60 werksdae).
• Jy sal ‘n verminderde, bekostigbare paaiement betaalwat nie noodwendig die duur van die terugbetalings-periode sal beinvloed nie.
• Jy sal in staat wees om jou basiese lewenskoste te betaal.
• Terwyl jy uitstaande skuld het, sal jy by Krediet Buro’s gelys word “onder skuldoorsig” en jou Krediteure mag jou nie op ‘n “swart lys” plaas nie.
• Gedurende die skuldoorsig proses mag jy nie enige addisionele skuld, anders as skuld konsolidasie lenings aangaan nie.
KONTAK ONS VIR ‘N GRATIS EVALUASIE DEUR EEN VAN ONS VORMS TE VOLTOOI … OF SKAKEL 0861 733 863
OF SMS JOU TEL. NR. NA 082 4666 287, EN ONS SKAKEL JOU
OF EPOS ONS: johan@indc.co.za / support@indc.co.za
Skuldberaders het baie sukses met mense wat in skuldberading is en mense word aangeraai om eerder vroeër as later by ’n berader uit te kom.
MEER BESONDERHEDE:
“Min mense het voorsien wat met die ekonomie gebeur het. Krediteure het mense aangemoedig om huis – en ander lenings uit te neem wat hulle twee jaar gelede net-net kon bekostig.
Salarisse het nie so vinnig aangepas nie.”
Baie mense leef bo hul vermoëns, wat aanleiding gee tot die opbou van skuld wat later nie gedelg kan word nie.
“Baie mense het eers hul skuld vir ’n paar maande ‘gerol’ – dus een kredietkaart of lening gebruik om ander af te betaal en rekeninge om die beurt betaal. Hulle kom dan op ’n punt waar hulle dit dan nie meer kan doen nie.”
Moenie dink dis net mense uit die lae-inkomstegroepe wat sukkel met skuld nie
Die hoë-inkomstegroepe word veral swaar getref omdat baie belê het in eiendom wat hulle nie nou kan verkoop nie en omdat hulle luukshede soos vakansiehuise het met stygende paaiemente.
Maar ryk of arm, almal is bereid om opofferings te maak om die stres wat krediteure op hulle plaas om hul geld te kry, te verlig.

Die proses:
’n Konsultasie by een van die geregistreerde skuldberaders. Kliënte word versoek om hul nuutste bankstate, salarisstrokies, ’n kredietrekord (wat een maal per jaar gratis aangevra kan word) en jou begroting saam te bring. Skuldberader werk dan saam met die kliënt ’n nuwe begroting uit, om sodoende te bepaal wat die kliënt kan bekostig om aan sy krediteure te betaal.
Die Skuldberader stuur ’n brief aan al die krediteure wat sê dat die kliënt nou onder skuldberading is. Dít beteken die kliënt mag vir 60 werks-dae nie vervolg word oor uitstaande rekeninge nie en daar mag ook nie beslag gelê word op sy bates nie. Die kliënt word nie op die swartlys geplaas nie, maar wel gelys as “onder skuldberading”. Die beraders beveel ook dan aan dat alle kredietkaarte van die kliënte vernietig word.
Die berader onderhandel voorts met die kliënt se krediteure om tot ’n vergelyk te kom op ’n verminderde bedrag wat die kliënt kan terugbetaal in ooreenstemming met wat die kliënt kan bekostig. Maandeliks is daar een aftrekking uit die kliënt se rekening wat na ’n onafhanklike trustrekening gaan vanwaar die skuld maandeliks betaal word. Die kliënt het dus steeds geld in sy rekening waaruit hy moet begroot om sy maandelikse uitgawes te betaal.
“Sodra die kliënt se korttermynskuld gedelg is, kan hy die skuldberading staak. Die gemiddelde tydperk is gewoonlik drie tot vyf jaar”. Daar is geen koste om verwyder te word uit die skuldhersiening nie.
Skuldberaders het baie sukses met mense wat in skuldberading is en mense word aangeraai om eerder vroeër as later by ’n berader uit te kom.
KLIEK HIER OM SKULDBERADING-KONSULTASIE TE REEL
Die begroting wat deur skuldberaders opgestel word, is volledig, maar die doelwit is om by ‘n sinvolle bedrag uit te kom wat ons aan die krediteure kan aanbied.
Wenke:
* Knip jou kredietkaart op en kry ’n debietkaart (sonder ’n oortrokke gerief).
* Moenie meer as 50% van jou salaris aan skuld betaal nie.
* Moenie probeer spaar deur jou mediese-fonds- of pensioenplan te staak nie.
* Bespaar op luukshede. Koop goedkoper vleissnitte, eet minder uit en koop minder drank en sigarette.
* Beperk brandstofverbruik.
* Sny selfoonkoste.
Jou opsies:
* Administrasie: Skuld moet minder as R50 000 wees. Dis ’n wetlike proses waarvolgens die paaiemente verminder word en krediteure slegs elke derde maand betaal word.
* Sekwestrasie: Dit is ‘n situasie waar individue of besighede dikwels oorweeg om hulle boedels te laat sekwestreer. Die hoofdoel van die Insolvensiereg is om voorsiening te maak vir die ordelike verdeling van ‘n skuldenaar se bates om al sy skuldeisers se eise in ‘n sekere verhouding te betaal.
* Skuldberading: Beraders herstruktureer skuld en krediteure word maandeliks betaal.
Jy het steeds beheer oor jou finansies.
KONTAK ONS VIR ‘N GRATIS EVALUASIE DEUR DIE VORM TE VOLTOOI … OF SKAKEL 0861 733 863
OF SMS JOU TEL. NR. NA 082 4666 287 EN ONS SKAKEL JOU
OF EPOS ONS: johan@indc.co.za
iNDC het baie sukses met mense wat in skuldberading is en mense word aangeraai om so gou moontlik ‘n konsultasie te ondergaan.